Ons kinder bediening is vir voorskool tot 13 jaar en word tydens die erediens aangebied.  Die kinders word op 'n boeiende manier omtrent God en sy Woord onderrig.  Daar is ook 'n spesiale offerande kas vir die bediening waar speelgoed en kontant geskenk kan word.  Die kindertjies gebruik dit om self uit te reik na ander behoeftige kinders in byvoorbeeld weeshuise ens.  Die kinders kry ook gereeld 'n beurt om items te lewer vir die gemeente,  ons noem dit 'n kinderdiens wat dan 'n spesiale dag net vir hulle is.  Hulle nooi maatjies, oumas en oupas, ooms en tannies wat dan daardie dag bedien word met sang en opvoerings deur die kinders. 

Anina Immelman is in beheer van die kinder bediening .  Haar kontak nr is 084 2022 226.

Belê in u kind se toekoms en laat hom onderrig in God se Woord, sodat 'n vaste Christelike fondasie gebou word wat nooit vernietig kan word nie. Dis u ouerlike plig om toe te sien dat u kind met God se Woord grootword en gelei word in 'n hoopvolle toekoms saam met Jesus Christelik.