Ons het voorbidders wat vir elke gebedsversoek intree by God, deur Jesus Christus soos die Woord ons leer.  Maak nie saak watter behoefte of versoek u het nie,  ons dra dit op aan die Here en Hy alleen gee uitkoms, want die woord sê in Mattheus 18:19b:  "As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,"...