Ons het 'n orkes wat lofprysing en aanbiddingsmusiek maak tydens ons eredienste.  Dit is 'n baie belangrike bediening, want die Woord sê dat God onder die lofsange van sy volk woon.  Ons nader tot GOD se troon deur ons lof en aanbidding.

Op ons digitale aflaaiblad is daar ook lofprysing en aanbiddingsmusiek wat u kan aflaai wat u sal stig en bemoedig.

As u 'n instrument kan bespeel of sangtalent het, is u welkom om u betrokkenheid by die bediening aan te bied.

Pastoor Cobus Immelman is in beheer van die musiek bediening. Sy kontak nr:  083 331 1929