Novus Vita Bloemfontein - Visie En Missie 

                                                DIT IS ONS OPREGTE STREWE OM

In diepe afhanklikheid van die Drie-Enige God, getrou aan die Groot Opdrag in Matt. 28:19,20: ("Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het") te funksioneer terwyl ons fokus op 'n gesonde gebalanseerde en Skrifgetroue teologie.

Die lewenskragtigheid van die Nuwe Testamentiese voorbeeld van die Kerk van Handelinge as bedieningsmodel te inkorporeer en 'n kragtige teenfaktor in die moderne samelewing teen morele,sedelike en geestelike verval te word, deur die Krag van die Heilige Gees.

Mense wat seergekry het in die Kerkewêreld en moontlik depressief, verward, skuldig en stomgejaag is, te begelei na liefde, aanvaarding, hulp en vergifnis in Jesus Christus.

Om via die goeie nuus van Jesus Christus, 'n beduidende verskil in ons gemeenskap te maak.  Ons wil graag belê in uitgebreide gemeenskapdiens wat werkskeppings programme, behuising, opleiding en gesondheidsdienste insluit.

Mense tot geestelike volwasenheid te begelei deur Bybelstudie, kleingroepe, kerkkampe, sorggroepe, verkondiging van die Woord tydens eredienste en bidure. 

Elke lidmaat toe te rus om hulle eie Godgegewe talente te ondek en te implementeer in n spanningvrye omgewing.

In ons bediening te fokus op die huisgesin as die belangrikste vennoot in ons gemeente.

Om mense skriftuurlik te lei tot die ontdekking van die groot waarde van gebed en lofprysing tot eer van God.

Om goeie verhoudings vertikaal en horisontaal te vestig en in stand te hou.  Waar verhoudings skade gelei het vanweë watter redes ookal, mense te motiveer om weer daardie verhoudings met God en mekaar te herstel.

Om strategies te belê in kinder en jeugprogramme met die oog op die toekoms.

Deel van 'n groter liggam van Christus te wees en nooit in isolasie te staan nie, en in diepe afhanklikheid van God te wees en te vertrou op Sy Leiding en voorsiening.