JEREMIA 29,11 : EK weet wat ek vir julle beplan, se die Here; voorspoed en nie teenspoed nie; EK wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
 
Dienstye:

Sondag oggend: 10:00

Kinderkerk  voorskool- 13 jaar

H/V Herman Coster straat en 

Bermuda Singel Uitsig

 DIT IS ONS OPREGTE STREWE OM

In diepe afhanklikheid van die Drie-Enige God, getrou aan die Groot Opdrag in Matt. 28:19,20: ("Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het") te funksioneer terwyl ons fokus op 'n gesonde gebalanseerde en Skrifgetroue teologie.

Die lewenskragtigheid van die Nuwe Testamentiese voorbeeld van die Kerk van Handelinge as bedieningsmodel te inkorporeer en 'n kragtige teenfaktor in die moderne samelewing teen morele,sedelike en geestelike verval te word, deur die Krag van die Heilige Gees.

Mense wat seergekry het in die Kerkewêreld en moontlik depressief, verward, skuldig en stomgejaag is, te begelei na liefde, aanvaarding, hulp en vergifnis in Jesus Christus.

Om via die goeie nuus van Jesus Christus, 'n beduidende verskil in ons gemeenskap te maak.  Ons wil graag belê in uitgebreide gemeenskapdiens wat werkskeppings programme, behuising, opleiding en gesondheidsdienste insluit.

Mense tot geestelike volwasenheid te begelei deur Bybelstudie, kleingroepe, kerkkampe, sorggroepe, verkondiging van die Woord tydens eredienste en bidure.

Klik hier om meer te lees